https://givingmore.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/606/pienkvoetpretintro-1550756138.png

Map Location

Close map(X)

Description

Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale bereik word:


* 3 - 6 maande
* 7 - 12 maande
* 13 - 21 maande
* 22 - 36 maande


Wat maak Pienkvoet-Pret so spesiaal?


Pienkvoet-Pret bied al vanaf 2000 uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter ontwikkelings- & stimuleringsklasse aan.Die aandag, liefde en sorg wat elke ‘franchise’ eienaar aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet-Pret 'n baie prettige en besondere afspraak.


Ons doel is nie net om kinders te stimuleer nie, maar ook om 'n spesiale tyd te skep waartydens mamma en baba al spelende nader aan mekaar groei. So leer hul mekaar dus beter ken en verstaan. Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die opwinding en pret van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.


Babas kry ook die geleentheid om in 'n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul ouderdomsgroep te sosialiseer. Die klasse vorm ook 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir ma’s. Na elke uurlange klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite aktiwiteite met hul “Pienkvoet-Pret maatjies” geniet.


Wat doen ons by Pienkvoet-Pret?


Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks 'n uur en 'n half klas by. Elke klas sluit die volgende pret aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:


* Groot en fyn motoriese aktiwiteite
* Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
* Sensoriese bewustheid
* Musiek en beweging
* Luistervaardighede
* Rympies & liedjies
* Mors aktiwiteite
* Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
* Baba massering (3 - 6 maande)
* Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters
* Vryspel met 'n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne)
* Vryspel met 'n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite aktiwiteite (klim & klouter apparaat, sandput, hindernisbane ens)
* Sosiale ontwikkeling vir kinders en 'n sterk ondersteuningsnetwerk vir ma's
* Kwartaalliks sprekers om ma’s se bekommernisse/vrae aan te spreek en om inligting te verskaf


"Tell me and I forget.
Teach me and I remember.
Involve me and I learn."
– Benjamin Franklin


Die eerste klas is gratis!Bring jou kosbare kleinding en kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-Pret familie so spesiaal maak. Kinders met spesiale behoeftes is welkom.


BESOEK ONS ​​WEBWERF VIR MEER INLIGTING

Content responsible

Directory Search | All Combined Categories

Giving More Logo