https://givingmore.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/310/DeVetteMoselLogo-1525430480.png

De Vette Mossel

Map Location

Close map(X)

Description

STRAND SEEKOS-RESTAURANT


“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, die reuk van die oseaan in die neus – reg langs die see.”Dit is waarin De Vette Mossel Strand Seekos restaurant onwrikbaar glo.Die uitstaande kenmerk van al die De Vette Mossels is weergalose seekos, in oorvloed, ons eiesoortige manier van dinge doen, op 'n sand strand – of dit nou langs die Kaapse Tuinroete, Hartbeespoortdam of die Vrystaat is.


Eet soveel jy wil – of kan! De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos - hierdie is 'n ervaring - in ongewone en informele omstandighede - met tradisionele Kaapse visser kultuur – in ware Weskusstyl.Hier ontspan jy gesellig saam met vriende (oues en nuutgevondes!), niemand jaag jou aan nie, terwyl jy weglê aan berge seekos – nes ons langs die Weskus doen.Die uitstekende voorbereiding van goeie gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns.


Die 16 disse van die nege gange word op oop vure voorberei en die een na die ander voorgesit. Ons streef daarna om seekos perfek gaar te maak, en dit onmiddellik daarna voor te sit. Dit waarborg vars-vars voorbereide disse – 'n absolute moet vir voortreflike seekos.


Besoek asb elk van die drie De Vette Mossels se eie webblaaie vir meer besonderhede oor die spyskaart, eetsessies, aanwysings, kontakbesonderhede, ens.


VISIT OUR WEBSITE FOR MORE INFO

Groot Brakrivier, Western Cape, South Africa
Content responsible

Directory Search | All Combined Categories

Giving More Logo