https://sabizguide.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/3183/bambino_creche_intro-1574754738.png

Bambino Creche

6 Goede Hoop Avenue, Brackenfell 7560, Western Cape, South Africa

Gallery

Business Details

By Bambino Creche in Brackefell streef ons daarna om gemoedsrus te bied vir jou as ouer waar jy jou kind toevertrou in ons sorg elke dag.

BAMBINO FASILITEITE

Veiligheid is ons nommer 1 prioriteit. Daarmee saam is die kinders se gesondheid en intelektuele groei en stimulasie vir ons ewe belangrik. 

Daarom bied ons die volgende ongelooflike fasiliteite as n standaard:

* Volle toegangsbeheer om U kinders veilig te hou totdat U hulle persoonlik kom optel.
* n Moderne kombuis waar heerlike maaltye en koeldrankies daagliks vars voorberei word soos uiteengesit deur die Departement van Gesondheid.
* Oopplan badkamers met lae wasbakke en lae toilette sodat die kinders ten alle tye gemonitor kan word.
* n Heerlike TV kamer waar die kinders kan televisie kyk, speel en saamsing, met ons groot verskeidenheid van kinder DVD's, veral op daardie koue nat winter dae.
* n Groot afgesperde speelarea waar al die kinders veilig kan speel op toerusting wat veilig is vir die verskillende ouderdomme, onder die waaksame oë van ons bekwame onderwysers en tannies. Die sand in die sandput word klokslag vervang met nuwe sand, soos per Departement van Gesondheid regulasies.

BAMBINO CRECHE KLASSE

Al die klasse by Bambino poog om vanaf 18 maande tot 4 jaar oud hierdie kurrikulum te volg:

* Bybeltyd
* Weer/dag/Maand/Datum
* Klassikale Wiskunde
* Musiek en beweging
* Tema bespreking
* Skeppende aktiwiteite
* Opruim en Toiletroetine
* Verversings
* Buitespel en Toiletroetine
* Opvoedkundige (Syfers, Geletterheid, Konstruksie)
* Taal / Gedigte / Klanke / Storie
* Etenstyd
* Rustyd
* Snoepietyd/Toiletroetine
* Buitespel 1
* Buitespel 2
* Opruiming / Toiletroetine

Die 4-5 jaar groep volg die CAPS kurrikulum:

* Oggend kring                                   
* Lewensvaardighede Fokuskring: Besprekingskring
* Rek en Strek: Hardloop buite om van energie ontslae te raak.
* Wiskunde Fokuskring: Grootgroepsessie 
* Wiskunde Fokuskring: Begeleide Groepsessie
* Wiskunde en Afrikaans Fokustyd: Groepwerk 5 kreatiewe Aktiwiteite
* Wiskunde en Afrikaans Fokuskring: Onafhanklikespel
* Opruim
* Toilet Roetine
* Verversings
* Huistaal (Afikaans) Fokuskring: Grootgroepsessie gedeelde lees
* Huistaal (Afrikaans) Fokuskring: Begeleide lees
* Opruim
* Buitespel
* Toilet Roetine
* Lewensvaardighede Fokustyd
* Huistaal (Afrikaans): Taalontwikkeling en Storie tyd
* Middagete
* Rustyd 
* Snoepie/Toiletroetine
* Buitespel 1
* Buitespel 2
* Opruiming en Toiletroetine

Die 5-6 jaar groep volg die CAPS kurrikulum:

* Oggend kring                                   
* Lewensvaardighede Fokuskring: Besprekingskring
* Rek en Strek: Hardloop buite om van energie ontslae te raak.
* Wiskunde Fokuskring: Grootgroepsessie 
* Wiskunde Fokuskring: Begeleide Groepsessie
* Wiskunde Fokustyd: Groepwerk 5 kreatiewe Aktiwiteite
* Wiskunde Fokuskring: Onafhanklikespel
* Opruim
* Toilet Roetine
* Verversings
* Huistaal (Afikaans) Fokuskring: Grootgroepsessie gedeelde lees
* Huistaal (Afrikaans) Fokuskring: Begeleide lees
* Huistaal (Afrikaans) Fokuskring: Groepwerk 5 Kreatiewe Aktiwiteite
* Huistaal (Afrikaans) Fokuskring: Onafhanklinkespel
* Opruim
* Buitespel
* Opruim
* Toilet Roetine
* Lewensvaardighede Fokustyd
* Huistaal (Afrikaans): Taalontwikkeling en Storie tyd
* Middagete
* Rustyd 
* Snoepie/Toiletroetine
* Buitespel 1
* Buitespel 2
* Opruiming en Toiletroetine

SIEN ONS WEBWERF VIR MEER INLIGTING

Map Location

Map Directions

BUSINESS REVIEWS

Add Review

There are no reviews at the moment

company map
6 Goede Hoop Avenue, Brackenfell 7560, Western Cape, South Africa